Kaptein

Kaptein is 'n woord wat gebruik word binne 'n seevaart- en 'n militêre verband wat dui op 'n titel of rang van 'n persoon. Dit was oorspronklik 'n Franse woord, wat op sy beurt weer van die Latynse capitaneus ("hoof") stam. Laasgenoemde is 'n vervoeging van die woord "caput" wat kop beteken.

Die woord het verskillende betekenisse, afhangende of dit in die weermag, die vloot, die lugmag, of in nie-militêre verband gebruik word. Hierdie artikel handel oor die gebruik van die woord in die burgerlike verband en in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, aangesien ander lande verskillende range het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search